Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Proses begin om “Facebook-verkragter” terug te kry in Suid-Afrika

11 April 2023

Suid-Afrikaanse owerhede het met die proses begin om die voortvlugtige, Thabo Bester, te laat deporteer, ná sy onlangse in hegtenisneming in Tanzanië.

Bester staan as die “Facebook-verkragter” bekend omdat hy die platform gebruik het om sy slagoffers te lok. Hy is sedert Mei verlede jaar vermis nadat hy in die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein, sy eie dood gefnuik het.

LEES OOK: VEILIGHEIDSMAATSKAPPY DAAG NIE OP VIR SITTING OOR DIE ONTSNAPPING VAN “FACEBOOK-VERKRAGTER” NIE

‘n Hoëvlak-afvaardiging – wat uit verskeie wetstoepassingsowerhede saamgestel is – is in Tanzanië om Bester en sy vermeende medepligtige, Dr Nandipha Magudumana, terug te bring na Suid-Afrika.

In samewerking met die Tanzaniese owerhede sal die afvaardiging die vinnigste manier probeer vind om Bester terug in Suid-Afrika te kry om die res van sy vonnis uit te dien, en ook bykomende klagte in die gesig te staar.

Volgens regskenners sal deportasie – in teenstelling met ‘n veel langer uitleweringsproses  – die makliker opsie wees om hom terug in die land te kry.

LEES OOK: KABINET IS VERLEË OOR ONTSNAPPING VAN “FACEBOOK-VERKRAGTER,” SÊ MINISTER

Intussen verskyn twee mense vandag in die Bloemfontein-landdroshof in verband met Bester se ontsnapping. Volgens die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sal die twee ondermeer van medepligtigheid en dwarsboming van die gereg aangekla word.

Een van die mense wat die naweek in hegtenis geneem is, is die pa van Bester se vriendin.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Office-Johannesburg

“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”

Ander Nuus Artikels

GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking
GquJsHhXAAAiYuq
AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende