Proses begin glo om Afrikaans uit te laat uit die Taalmonument


Luister nou

Volgende

Proses begin glo om Afrikaans uit te laat uit die Taalmonument

18 Mei 2022

Die DA sê hy het inligting ontvang dat die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, reeds met ‘n proses begin het om die “Afrikaans” te probeer verwyder uit die Afrikaanse Taalmonument en -museum in die Paarl.

Volgens die party se LP, dr Leon Schreiber, het Mthethwa onlangs op ‘n openbare vergadering onomwonde gesê dat dit ononderhandelbaar is dat die monument se naam verander moet word omdat dit uitsluitend sou wees.

Schreiber sê as die ANC enige iets geweet het oor Afrikaans en die Taalmonument, sou hulle verstaan het dat dit juis ‘n simboliese viering is van die uiteenlopende invloede vanuit Afrika – en dwarsoor die wêreld – wat gelei het tot die vorming van die taal.

Hy sê dit kom daarop neer dat daar – onder die ANC – géén ruimte mag bestaan vir uiteenlopende taal- en kultuurgemeenskappe om hul erfenis te vier nie.

Die hoof van kultuursake by AfriForum, Alana Bailey het in reaksie hierop gesê “dat dit belaglik is dat die naam verander moet word weens die simboliek waarmee die monument beplan is om juis die bestaan van die Afrikaanse taal uit te beeld.”

Bailey sê dit is nie ongehoord dat daar ‘n monument opgerig word vir ‘n spesifieke taal nie. “Die feit dat daar ‘n monument opgerig is vir Afrikaans, verhoed geen ander taal en kultuur om dieselfde te doen nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Proses begin glo om Afrikaans uit te laat uit die Taalmonument


Luister nou

Volgende