Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Promosie: WANATU? Huis Toe!

13 Desember 2024

Het jy geweet dat Suid-Afrika ‘n nuwe era van mobiliteit binnegaan? WANATU is die eerste Afrikaanse e-vervoerdiens, wat mense maklik en vinnig van punt A na punt B vervoer.

Met ‘n onwrikbare fokus op veiligheid, gemak en betroubaarheid, het WANATU dit tot hul missie gemaak om nie net effektiewe vervoer aan die gemeenskap te bied nie, maar ook om te verseker dat elke rit – of dit ‘n skoolrit of werksrit is – met totale gemoedsrus voltooi word.

Elsa en Anton op pad in Wanatu.

Het jy óók geweet dat WANATU dié Maandag, 16 Desember, ritte sal onderneem na en van die Voortrekkermonument in Pretoria waar die jaarlikse Geloftedagvieringe sal plaasvind.

Die Huis Toe-span, Anton Meijer en Elsa Esterhuizen het gister, 12 Desember, dié rit op die proef gestel, en is na die Voortrekkermonument geneem waar hulle uitgesaai het. Die Voortrekkermonument het tydens die uitsending gesê dat hulle duisende mense Maandag by die monument verwag.

Om hierdié rede is WANATU perfek as jy die lang toue en die gesoek na ‘n parkeerspasie wil misloop.

WANATU het op 28 Oktober 2024 sy deure amptelik geopen, en doen tans diens in Centurion en Pretoria.

Om gemeenskapsondersteuning te versterk en die weerbares by te staan, word R2.00 van elke rit aan die liefdadigheidsorganisasie Solidariteit Helpende Hand geskenk.

Anton Meijer en sy drywer, veilig by die monument.

Volgens JP le Riche, Direkteur van WANATU, is die kwaliteit en betroubaarheid van die WANATU-drywers van kardinale belang.

“Elke drywer is vriendelik, bedagsaam, en het, bo alles, respek vir ander mense. Elke kliënt word gerespekteer en so hanteer,” meen Le Riche.

WANATU is trots om te sê dat sy dienste veilig is, en dat alle voertuie toegerus is met ‘n paniekknoppie, tweerigting-radio-stelsel, opsporingstoestelle, paneelbordkameras en regstreekse binnekajuit- en buitekajuitkamera-monitering.

WANATU monitor elke rit aktief vanuit ‘n beheerkamer en bied ekstra ondersteuning aan kliënte.

Mejer het na afloop van die rit gesê:” Dit was ‘n aangename ervaring om van WANATU se dienste gebruik te maak. Ons drywer, Dieter was baie professioneel en die voertuig was netjies en skoon. As ek my ervaring in een woord moes opsom, sal dit “gemoedsrus” wees.

Vir meer inligting oor WANATU, of om te registreer vir die diens, besoek gerus hul webwerf by www.wanatu.co.za. Laai gerus hul toepassing af op die Google Play Store, Apple App Store of Huawei App.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende