Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

“Prokureur” wat DA pak oor “brandende vlag” in 2023 skuldig bevind na hy hom as prokureur voordoen

23 Mei 2024

Die prokureur wat die DA hof toe neem oor sy omstrede advertensie wat die brand van die Suid-Afrikaanse vlag uitbeeld, Zuko Madikane is in September verlede jaar skuldig bevind daaraan dat hy homself as ‘n prokureur voorgedoen het.

Madikane was een van twee “regsverteenwoordigers” wat daaraan skuldig bevind is dat hulle ‘n sakeman, Kagiso Galesitoe uit R88 000 bedrieg het. Hy is in die Johannesburg landdroshof tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is. Hy is ook beveel om R44 000 in skadevergoeding aan Galesitoe te betaal.

Galesitoe, wat die eienaar van die restaurant, News Cafe in Newtown was het Madikane en sy medepligtigde, regter Sibanda aangestel om regsdienste te verskaf. Hy het, volgens hom die besigheid verloor, weens die twee “prokureurs.”

Madikane het vroeër in die hof aangevoer dat hy nie volgens die wet ‘n prokureur is nie, maar meen hy is deel van ‘n nie-winsgewende organisasie wat kliënte verteenwoordig.

In sy aansoek vra Madikane dat die advertensie ongrondwetlik en aanstootlik verklaar word. Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille het in ‘n onderhoud op Newzroom Afrika gesê dat die DA nooit ‘n regte Suid-Afrikaanse vlag gebrand het nie en dat dit slegs ‘n digitale prent was. Volgens haar is dit as ‘n metafoor bedoel.

Madikane hou egter vol dat die advertensie, volgens hom op haatspraak neerkom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende