22 Mei 2024
Die prokureur wat die DA op ‘n dringende basis hof toe gesleep het oor sy omstrede advertensie wat die brand van die Suid-Afrikaanse vlag uitbeeld, het in sy hofstukke uitgevaar teen die party.
Dít kom nadat die DA Maandag op sy hofaansoek by die hooggeregshof in Pretoria gereageer het.
Zuko Madikane het by die hof aansoek gedoen om te vra dat die advertensie ongrondwetlik en aanstootlik verklaar word.
In sy dringende aansoek – op die 12de van vandeesmaand – vra Madikane dat die hof verklaar dat die DA ‘n growwe oortreding van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie begaan.
Die DA het Maandag hul repliek by die hof ingedien en aangevoer dat Madikane se aansoek nie dringend is nie en rassisties van aard is.