16 November 2023
Verskeie winkelgroepe is genoodsaak om produkte soos skoene en klere Suid-Afrika binne te vlieg weens probleme wat by die Durbanse hawe voortduur.
Business Day berig die probleme by die hawe kan daartoe lei dat die Suid-Afrika se reputasie binne die wêreld ekonomie skade kan lei en dat globale markte skepties sal wees om handel met Suid-Afrika te dryf.
Gebreekte toerusting het ‘n agterstand by die hawe veroorsaak wat verantwoordelik is vir 60% van die invoere na Suid-Afrika.
Woolworths is een van die winkels wat geraak is weens die probleme by Transnet se hawens. Volgens die winkelgroep verskyn somersklere laat op die rakke weens dié probleem.