15 Januarie 2024
Die burgerregteorganisasie, AfriForum het aan die portefeuljekomitee oor kommunikasie en digitale tegnologie voorgestel dat die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) geprivatiseer moet word.
AfriForum sê die privatisering van die SAUK sal lei tot beter doeltreffendheid, hoër programgehalte en finansiële stabiliteit.
Die organisasie het ook voorgestel dat TV-lisensies geskrap moet word.
Afriforum sê die ontduikingskoers van lisensiebetalings staan op 87%, en daar moet eerder na ‘n alternatiewe finansieringsmodel gekyk word.
Die hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl sê die regering misluk met sy SAUK regrukpogings.