Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Privaatvervolgingseenheid eis antwoorde oor beweerde diefstal van drank by Pretoria-restaurant

30 September 2021

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het gister in ’n skrywe aan die kantoor van die nasionale polisiekommissaris antwoorde geëis oor waarom die polisie sloer met die ondersoek na polisiebeamptes se beweerde betrokkenheid by die diefstal van drank by Hennie’s Restaurant in Moreleta Park tydens die inperking in Januarie vanjaar.

Die eenheid het in Maart vanjaar vir Werner Pretorius, die eienaar van Hennie’s, bygestaan om strafregtelike klagtes van bedrog en diefstal by die Garsfontein-polisiestasie te lê.

Dit kom nadat polisiebeamptes – volgens die eenheid – op ’n onregmatige wyse beslag gelê het op alkohol ter waarde van duisende rand by dié restaurant.

Die bestuurder van veldtogte by AfriForum, Jacques Broodryk sê die beamptes het ook die restaurantbestuurder, Atrayo Nolte, onregmatig in hegtenis geneem op die bewering dat hy alkohol aan klante bedien het terwyl die verkoop van alkohol weens die inperkingsregulasies verbode was.

Die restaurant se alkoholvoorraad is na die voorval vir ‘n geruime tyd by die Garsfontein-polisiestasie geberg, selfs nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) alle klagtes teen Nolte laat vaar het. “Nadat die voorraad aan Hennie’s terugbesorg is, was van die voorraad weg terwyl sommige bottels drank se inhoud met tee vervang is,” sê Broodryk.

Volgens die eenheid het die polisiekommissaris, generaal Khehla Sitole ses maande gelede aan die privaatvervolgingseenheid gekommunikeer het dat die polisie dié diefstal in ’n baie ernstige lig beskou en die nodige stappe teen die betrokke beamptes sal neem, het daar tot dusver dadels van die ondersoek gekom.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende