1 Desember 2022
Die verskaffer van sonenergie-oplossings, Solana Energy, sê Suid-Afrika ondervind ‘n ongekende belangstelling in huishoudelike installasies van sonpanele.
Volgens dié onderneming is daar in die eerste vyf maande vanjaar sonpanele ter waarde van meer as R2,2-miljard ingevoer.
Volgens die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïse Bedryfsvereniging, SAPVIA, sal dié installasies by voltooiing meer elektrisiteit verskaf as wat die regering se sonkrag-projekte die afgelope dekade kon regkry.
Volgens Solana is dit ‘n algemene verskynsel dat sake-ondernemings van alle groottes reeds met hulle eie oplossings vorendag kom, maar is privaat huishoudings ook nou besig om teen ‘n ongekende tempo hierin te belê namate beurtkrag toeneem.
Solana sê hy is bewus daarvan dat die aanvanklike kapitaaluitleg steeds sommige huiseieinaars afskrik, maar dat dit ook aan die verander is namate nuwe modelle sonpanele en nuwe finansieringsmodelle die lig sien.