Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Privaatsektor moet help, maar Ramaphosa en kie vermors geld

Nuuskommentaar: 12 April 2023

Deur: Marthinus Koekemoer

President Cyril Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief gesê die land se werkloosheidskrisis kan net oorkom word as die privaatsektor aanboord kom. Dit kom in dieselfde week as wat adv. Busisiwe Mkhwebane, geskorste Openbare Beskermer (OB), se verskyning voor die parlementêre art. 194-komitee vir die soveelste keer in chaos geëindig het.

Terwyl die publiek se geduld al lankal met haar en die growwe geldvermorsing op is, het sy vandeesweek verder kole op haar eie getuienis voor die komitee gegooi. Sy het geweier om sonder regsverteenwoordiging verder te getuig, waarna die komitee besluit het om met hul verrigtinge voort te gaan. Sy dreig nou opnuut met regstappe teen die komitee.

In die boekjaar 2022-’23 het die begroting vir dié omstrede saak meer as R 26 miljoen beloop en volgens adv. Dali Mpofu (SC), Mkhwebane se regsverteenwoordiger, is daar net tot die einde van Maart begroot vir haar regsverteenwoordiging. Die uiteinde hiervan is seker dat die saak waarskynlik nog baie lank gaan sloer wat ’n ondubbelsinnige misbruik van belastingbetalers se geld is!

Alhoewel R26 miljoen nie kleingeld is nie, is dit ’n druppel in die emmer vergeleke met die geld wat by Eskom vermors word. André de Ruyter, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, het vandeesweek in ’n beëdigde verklaring verskeie gevalle van sabotasie, verwoesting en onwettige aktiwiteite by Eskom uitgewys.

Hy noem onder meer van ’n brand by die Majuba-kragstasie wat tot skade gelei het en wat Eskom gedwing het om steenkool per vragmotor na die kragstasie te vervoer. Dít het ongeveer R 100 miljoen per jaar beloop.  ’n Ander ondersoek het getoon twee kleppe vir watertoevoer na ’n brandweerstelsel is voor die brand uitgebreek het afgeskakel. Daar is geen rekord dat die afskakeling van die kleppe goedgekeur was nie. In ’n ander geval het ’n kontrakteur erken dat hy met opset skade aan die Camden-kragstasie aangerig het.

Eskom is diep in die rooi en kan geensins verdere wanbestuur, korrupsie, sabotasie en diesmeer bekostig nie. Privatisering van  kragvoorsiening is die enigste oplossing. Tog klou die ANC-regering verbete aan die leisels by Eskom en kondig hulle die een onwerkbare plan na die ander aan oor hoe die kragvoorsiener gered gaan word.

Tog meen Ramaphosa die privaatsektor moet help werk skep. Moet dit dan nou met een of selfs twee hande agter die rug vasgebind wees? Ongelukkig moet privaat ondernemings die rompslomp van swart ekonomiese bemagtiging en allerlei ander wetgewing wat teen minderhede diskrimineer, oorkom om ’n bestaan te maak. Weens diskriminerende wetgewing kan die beste kandidate dikwels nie aangestel word nie.

Dit blyk dus dat Ramaphosa hulp van die privaatsektor wil hê, mits dit sy voorkeurkandidate en kaders help. Dink maar aan die omstrede toerismefonds wat tydens die Covid-19-pandemie in die lewe geroep is wat teen ondernemings van minderheidsgroepe gediskrimineer het of die Jeug-indiensnemingsdiens (JID), wat weereens voorkeur aan kandidate van sekere groepe gee.

’n Mens moet werklik hardop wonder hoe die president hoop om hulp by die einste privaatsektor te kry? Maar natuurlik is dit  volgende jaar weer verkiesingstyd en Ramaphosa en die ANC sal  enigiets vir ekstra stemme kwytraak.

Die ANC-regering het duidelik nie die antwoorde vir die land se probleme nie. Die antwoorde lê in oplossings wat die privaatsektor en gemeenskappe na die tafel bring ten einde ’n beter toekoms vir almal in die land, en nie net die ANC-elite, te skep nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GomrlEeXEAAZ2o0

Die definisie van vrou, sluit nié transgender vroue in nie, beslis hooggeregshof

Screenshot 2025-04-16 104919

Motoris steeds gesoek na hy ‘n herhaaldelik oor ‘n man ry – klag van moord geopen

Outlet of 'Delivery Tunnel North' of the Lesotho Highlands Water Project, near Clarens, Free State, South Africa. The Lesotho Highlands Water Project is an ongoing water supply project with a hydropower component, developed in partnership between the governments of Lesotho and South Africa. It comprises a system of several large dams and tunnels throughout Lesotho and South Africa. In Lesotho, it involves the rivers Malibamatso, Matsoku, Senqunyane and Senqu. In South Africa, it involves the Vaal River. It is Africa's largest water transfer scheme. The purpose of the project is to provide Lesotho with a source of income in exchange for the provision of water to the central Gauteng province where the majority of industrial and mining activity occurs in South Africa, as well as to generate hydroelectric power for Lesotho (currently almost 100% of Lesotho's requirements).

Lesotho-hooglandwaterprojek kos R11-miljard méér

0001102308_resized_johnhlophe150820181022copy

John Hlophe mag nie appèl by Grondwethof aanteken nie

640px-03-BICcristal2008-03-26

Graad 4-kind dood ná hy pendoppie insluk

Ander Nuus Artikels

NA Exterior
OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers
VAPE-1
DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle
Screenshot 2025-04-15 122837
Asbesdak-saak: Ace Magashule pleit onskuldig
GomrlEeXEAAZ2o0
Die definisie van vrou, sluit nié transgender vroue in nie, beslis hooggeregshof
Screenshot 2025-04-16 104919
Motoris steeds gesoek na hy ‘n herhaaldelik oor ‘n man ry – klag van moord geopen

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende