Koningin Elizabeth sal na verwagting vir agt dae lank rou nadat haar man, prins Philip vanoggend in die ouderdom van 99 in die Windsor Kasteel dood is.
Volgens berigte beteken dié rou-tydperk dat die koningin niks van haar verpligtinge sal nakom nie. Prins Philip sal ook na verwagting binne agt dae begrawe word.
Die egpaar was 74 jaar getroud.

Intussen het prins Philip ook glo vroeër gevra dat daar geen ophef van sy begrafnis gemaak moet word nie.
Die Buckinghampaleis het glo reeds begrafnisplanne vir alle senior koninklikes en prins Philip se begrafnisplan staan bekend as “Forth Bridge.” Hy was baie betrokke by dié plan.
Die prins se wens was vir ’n begrafnis in militêre styl in die St. George-kapel in Windsor.
Roubeklaers het ook begin om blommekranse buite die Buckingham Paleis te plaas.