8 Mei 2023
Die Nasionale Vereniging vir Skoolbeheerliggame eis dat die Prime koeldranke by skole in Suid-Afrika verbied word.
Die vereniging sê sodra kinders die drankie drink, verander hul gedrag, en is dit moeilik vir onderwysers om dissipline te handhaaf in die klaskamers.
Die drankie het vir groot opspraak gesorg, na dit op sosiale media platforms aan kinders geadverteer is, en toe te koop aangebied is vir meer as R400 ‘n bottel.
Prime koeldrank is nou vrylik beskikbaar, teen ‘n baie goedkoper prys.
Die vereniging het ook ‘n beroep op ouers gedoen om nie die koeldrank in hulle kinders se tasse te pak nie.