Middag saam met Heinrich Marnitz

Sondae
15:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Pretoria-landdroshof 13 jaar ná ‘n brand stééds nie herstel is nie

21 September 2023

Die burgerregteorganisasie, AfriForum het vandag ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, sowel as by die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur ingedien. 

Volgens die organisasie hou die aansoek verband met die herstel van die Pretoria-landdroshof wat in Oktober 2010 in puin gelê is nadat ’n brand in ’n gedeelte van dié gebou uitgebreek het.

‘n Veldtogbeampte by AfriForum, Charné Mostert sê hulle eis nou volledige inligting oor die brand en die onderskeie departemente se betrokkenheid by die herstel van dié gebou.

Mostert sê ten spyte daarvan dat ’n tender vir die herstel van die hof al toegeken is en herstelwerk ingevolge die tenderooreenkoms reeds in Februarie 2015 moes begin, is geen herstel- of opknappingswerk tot dusver gedoen nie.

Volgens Mostert is die prosedures in die toekenning van die tender nagekom, maar die feit dat die afhandeling van herstelwerk reeds soveel jare lank al sloer, wek ernstige kommer.

Mostert hou vol dat die voortdurende vertragings om die hof te herstel beteken dat meer as ’n dekade se verdere verval van die gebou, jare se diefstal, vandalisme en verwaarlosing ook nou herstel sal moet word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Middag saam met Heinrich Marnitz

Sondae
15:00 - 16:00

Luister nou

Volgende