Pretoria inwoners moontlik die week sonder water


Luister nou

Volgende

Pretoria inwoners moontlik die week sonder water

10 Augustus 2022

Inwoners in Pretoria word gevra om tot die naweek water spaarsaam te gebruik aangesien die grootmaat waterverskaffer, Rand Water, die S4 waterpypleiding gaan afsluit om die pyp aan ‘n nuwe pypleiding te koppel.

Minstens twintig van die stadsraad se reservoirs – hoofsaaklik aan die noorde, ooste en suid-ooste van die stad – sal hierdeur geraak word.

Na verwagting sal die watertoevoer na die opgaartenks Donderdagmiddag (11 Augustus) om 17:00 toegedraai word en – as alles volgens plan verloop – sal die watertoevoer om 22:00 Saterdagaand (13 Augustus) weer oopgedraai word.

‘n Volledige lys van buurte wat hierdeur geraak word is op die Tshwane metroraad se webtuiste beskikbaar.

‘n Woordvoerder van die stadsraad, Lindela Mashigo, sê inwoners moet betyds genoeg water opgaar om aan hulle noodsaaklike behoeftes te voldoen en dat watertenkwaens op bystand sal wees vir alternatiewe waterverskaffing.

Kry die lys van geraakte woonbuurte hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Pretoria inwoners moontlik die week sonder water


Luister nou

Volgende