12 Januarie 2025
Pretoria FM stel volgende week ‘n splinternuwe e-koerant bekend.
Nuusweek sal elke Vrydag verskyn en lesers van ‘n verskeidenheid nuusstories en meningsartikels voorsien.
Dié publikasie skop met ‘n spesiale uitgawe af waarin 2024 se matriekuitslae sal verskyn.
Matriekulante en hulle ouers kan nou registreer om hierdie publikasie gratis te ontvang op die oggend wat die matriekuitslae bekendgemaak word.
Nuusweek sal dan voortaan elke Vrydag in sy gewone formaat verskyn.
Volgens Pretoria FM se stasiebestuurder, James Kemp, is dit duidelik uit die publiek se reaksie op die sluiting van bekende Afrikaanse koeranthandelsmerke dat daar ‘n behoefte aan goeie gehalte publikasies bestaan.
“Pretoria FM dien vir baie jare reeds as ‘n nuusbron vir luisteraars waar byvoorbeeld oor die jongste verkiesingsnuus vanaf die Nasionale Uitslagsentrum berig is.
Die luisteraars het intussen ook kykers geword met ‘n groeiende aanbod op ons YouTube-kanaal. Die volgende logiese stap is om voornemende lesers ook te bedien.”
Registreer (hier) om Nuusweek elke Vrydag deur Pretoria FM se Whatsapp-kanaal te ontvang en ook op hoogte van ander nuusgebeure te bly.