PRETORIA FM SE WINTERPROJEK BRING LAFENIS VIR WOLLIES-DIERE


Luister nou

Volgende

PRETORIA FM SE WINTERPROJEK BRING LAFENIS VIR WOLLIES-DIERE

10 Mei 2024

Pretoria FM se Winterprojek – wat ten bate van die Wollies-diereskuiling in Pretoria-Noord van stapel laat loop is – het Vrydag 10 Mei op ’n hoogtepunt afgesluit toe bakkies, bussies en vragmotors vol honde- en katkos, komberse en troeteldierspeelgoed aan die diereskuiling geskenk is.

Van die kos.

Carly Esterhuysen, wat aan stuur van dié projek staan, sê die idee het klein begin en gou in ’n golf van gee ontaard. “Ons besef die winter is op ons voorstoep en Wollies se nood is ongelooflik groot. Hulle benodig elke dag gemiddeld vier swart vullisdromme se kos net om die 700 honde wat tans daar versorg word te voer. Dis ’n reg-tot-lewe-skuiling en Cilla Trexler en haar span se harte is op die regte plek. Hulle versorg elke dier wat daar afgelaai word met die grootste deernis. Dís waarom ons Wollies vir ons Winterprojek gekies het.”

Esmarie Yssel, aanbieder by Pretoria FM wat deel was van die projek, sê die sukses van dié projek word toegeskryf aan die radiostasie se luisterfamilie. “Hierdie projek is tekenend van wie ons luisteraars is. Dis mense wat altyd – ongeag van hoe min of baie hulle het – ’n ruim hart en oop hand het. Ons sê dankie aan elke luisteraar wat ’n bydrae gemaak het. Julle maak van die wêreld ’n mooi plek,” sê Yssel.

Die klerehandelsmerk, Boerboel Wear, bekend vir hulle knap khaki broekies, het hande gevat met Pretoria FM en R15 000.00 aan Wollies oorbetaal. Hulle het ook ’n egte leersak ter waarde van R5,000.00 geskenk om luisteraars aan te moedig om skenkings vir die projek na Pretoria FM se kantoor in Loftus Park in Arcadia te neem.

Bostu Boerboele – die grootste boerboeltelers ter wêreld – het óók aan boord gekom en Thys en Chereen von Solms het ’n bussie vol Royal Canin-hondekos geskenk wat deur die Boerboel Wear-modelle afgelaai is.

Trexler het gesê dié reuseskenking red die skuiling in ’n tyd van nood, aangesien daar reeds vir een dag nie kos vir die diere was nie. “Ek het nie woorde om ons dankbaarheid na behore uit te druk nie. Wollies en ons diere is ’n roeping en daarom móét ons hulle goed versorg… Al wat ek uit my hart kan sê is baie dankie.”

Foto’s deur Bronwyn Keyter

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

PRETORIA FM SE WINTERPROJEK BRING LAFENIS VIR WOLLIES-DIERE


Luister nou

Volgende