Pretoria FM se eie uitvoerende hoof in heldesaal opgeneem


Luister nou

Volgende

Pretoria FM se eie uitvoerende hoof in heldesaal opgeneem

27 November 2022

Personeellede van Pretoria FM het gisteraand (26 November) twee toekennings by die Suid-Afrikaanse Radio-toekenningsgeleentheid verower.

Hennie Koortzen.

Die uitvoerende hoof van Pretoria FM, Hennie Koortzen, is saam met ander ikone in die radiobedryf in die eregalery (Hall of Fame) van die Suid-Afrikaanse Radio-toekennings ingehuldig.

Koortzen is op 27 Januarie 1961 in Kakamas in die Noord-Kaap gebore. Tydens sy studentejare aan die Universiteit van die Vrystaat was hy die Hoof Uitvoerende Beampte van Radio Kampus en lid van die studente-koerant, die Irawa, se redaksie.

In 1982 word hy deel van die nuusredaksie by die SAUK in Bloemfontein. Daarna beklee hy verskeie poste by Radio Suid-Afrika, Radio Hoogland, Kosmos Digitaal (eerste sateliet Afrikaanse stasie), Rippel 90.5 FM, Groot FM, Kanaal 7 in Namibië en Pretoria FM.

Koortzen is ook sedert April 2002 deel van SuperSport se Afrikaanse kommentaarspan en saai steeds feitlik elke naweek rugby op televisie uit.

Die voorsitter van Pretoria FM se direksie, Willie Spies het Koortzen se plek in die heldesaal verwelkom. “Wat ons betref is Hennie ‘n voorbeeld vir elkeen by die radio, en ‘n uitstekende rolmodel. Hy speel ‘n sleutelrol in die ontwikkeling van gemeenskapsradio.” Spies meen Koortzen is in die ware sin van die woord ‘n lewende legende.

Verder het die radiodrama, Malchus, die toekenning vir die beste radiodrama-program in die kampus- en gemeenskapsradio-afdeling gewen.

Malchus is ‘n paasdrama wat deur Martin Jansen geskryf is en deur Tertius Pretorius tegnies en akoesties versorg is.

Pretoria FM se programbestuurder, Sarina Bosman, Jansen, Johannes Slabbert, en Antowan Nöthling het elkeen ‘n rol in die drama vertolk.

Spies sê die wen van Malchus is ‘n besonderse prestasie. “In hierdie kategorie het gemeenskapsradiostasies meegeding met openbare uitsaaiers, wat beteken dat Pretoria FM stof geskop het in die oë van ander radiostasies.”

Spies sê die veteraan in die radio-wêreld, Martin Jansen het welverdiende erkenning met die toekenning gekry.

https://twitter.com/SARadioAwards/status/1596567228182405120

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Pretoria FM se eie uitvoerende hoof in heldesaal opgeneem


Luister nou

Volgende