Pretoria FM groet groot gees


Luister nou

Volgende

Pretoria FM groet groot gees

24 Januarie 2022

‘n Groot gees by Pretoria Fm, Faan Rabie is vanoggend omstreeks 02:30 in die ouderdom van 77 in die Unitas-hospitaal in Pretoria oorlede.

Oom Faan – soos hy bekend gestaan het – het die afgelope twee weke moedig geveg teen Covid-19. Hy was bekend en geliefd vir sy kontinuïteitskof Sondae vanaf 07:00 tot 17:00, wat programme soos Andantino en Goue Gunstelinge ingesluit het.

Rabie saai sedert Oktober 2002 by Pretoria FM uit. Hy was ook tot in 2012 die programbestuurder van Pretoria FM.

‘n Jarelange kollega, Jaco Versfeld sê oom Faan sal onthou vir sy liefde vir fietsry. “Hy was belese en baie lief vir musiek.” Pretoria FM se uitvoerende hoof, Hennie Koortzen sê hy sal oom Faan as mens, sy reuse bydrae by die radiostasie en sy positiewe leefwyse baie mis.

Die voorsitter van Pretoria FM se direksie, Willie Spies het namens die stasie sy medelye met oom Faan se naasbestaandes betuig. Oom Faan laat sy vrou Suzette, twee kinders en drie kleinkinders agter.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Pretoria FM groet groot gees


Luister nou

Volgende