11 Mei 2023
‘n Onlangse opname deur die Tshwane-metro het bevind dat daar meer as 4 000 hawelose mense in Pretoria woon.
Die meeste van dié hawelose mense, sowat 80%, is onder 44 jaar oud. 31 van die byna 4 000 hawelose mense is 18 jaar oud en jonger.
Verder is 87% van die hawelose mense mans en slegs 13% vroue.
Dit is die eerste opname van sy soort om te bepaal hoeveel hawelose mense in die stad se sewe streke woon. Die Tshwane-metro beoog om met dié opname te bepaal watter ingryping benodig word om haweloosheid in die stad hok te slaan.
Foto: GroundUp.
https://twitter.com/tshwane_mayor/status/1656207812962275328
