Pretoria is volgens ActionSA as die “veiligste stad in Suid-Afrika aangewys.”
South African Cities Network het in ‘n verklaring aangevoer dat Pretoria in sommige gevalle selfs veiliger is as groot Amerikaanse stede.
ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê dié benoeming is nie net ‘n welkome titel nie, maar ‘n bewyse van die harde werk en vordering wat deur ActionSA se burgemeester in die Tshwane-metro, dr. Nasiphi Moya gemaak is sedert sy in die pos aangestel is.
Beaumont sê Moya en haar komitee is heeltyd besig met nuwe planne om misdaad in die stad te bekamp. Dit behels onder meer beter polisie-sigbaarheid. Beter polisiesamewerking tussen onderskeie munisipaliteite, distrikte en die provinsiale polisie is ook belangrik.
Hy sê ingevolge die Tshwane-metro se konsepbegroting, is fondse ook opsy gesit om 200 bykomende Tshwane-metropolisielede te ontplooi.
Beaumont sê ‘n duidelike verskil kan gesien word in gebiede wat deur ActionSA en koalisievennote bestuur word.
Hy het Moya namens die party bedank vir haar werk.