1 Desember 2021
President Cyril Ramaphosa het uitgevaar teen ander lande op die Afrika-vasteland en sê dit sou ideaal gewees het as dié lande nie soos die voormalige koloniseerders optree in reaksie op die ontdekking van die Omikron-variant van die koronavirus nie.
Rwanda, Mauritius, Seychelle en Egipte is ván die lande wat reisbeperkings teen Suider-Afrikaners ingestel het in die nasleep van nuus van die variant – wat nog nie ten volle verstaan word nie.
President Ramaphosa het met verslaggewers gepraat tydens sy reis na Wes-Afrika waar hy vier lande gaan besoek..
Terwyl die president hom vir die volgende week vir Afrika-eenheid en vrye handel sal bepleit – kon die gewoonweg diplomatiese staatsman nie sy woede oor die reisbeperkings onderdruk nie.
Stem vir die Aitsa’s