Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

President Ramaphosa hoopvol oor 2022

31 Desember 2021

President Cyril Ramaphosa sê dat alhoewel Nuwejaarsvieringe saam vriende en familie ‘n opwindende tyd is, is dit ook ‘n tyd om terug te kyk na die jaar wat verby is en om mense te onthou wat in 2021 oorlede is.

Die president het vroeër vanmiddag in sy jaarlikse nuwejaarsboodskap gesê dat dit ook nou die tyd is om te fokus op 2022 en om persoonlike doelwitte saam te stel en om planne te maak vir die jaar wat voorlê.

“2021 was ‘n moeilike jaar vir Suid-Afrika en sy mense. Ons moes vir ‘n tweede jaar met ‘n dodelike pandemie saamleef. Talle mense het geliefdes aan die dood afgestaan, wat beteken daar is ‘n leë plek aan die eetkamertafel.”

Hy sê die Covid-19-pandemie het ook ‘n tol geëis op mense se persoonlike finansies asook die land se ekonomie. Duisende mense het hulle werke verloor, terwyl talle besighede hulle deur moes sluit.

President Ramaphosa het ook gereflekteer op ‘n sogenaamde tweede pandemie – naamlik geweld teen vroue en kinders. “Vanjaar het ons land ook tot ‘n totale stilstand gekom weens die grootskaalse onluste wat veral KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie vanjaar getref het.”

Hy meen hy is hoopvol oor die jaar wat voorlê en meen die regering sien uit na ‘n beter 2022 as die afgelope twee jaar wat verby is.

“Ek wens vir elke Suid-Afrikaner en hul geliefdes ‘n voorspoedige nuwe jaar toe.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende