19 Julie 2021
President Cyril Ramaphosa het vanoggend in sy weeklikse nuusbrief gesê dat die werklike nagevolge van verlede week se onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng die ergste deur arm Suid-Afrikaners gevoel sal word.
Hy sê hoewel dit ‘n uitdagende week was, is dit verblydend om te sien hoe gemeenskappe bymekaar kom om skoon te maak en te herbou.
LEES OOK: ONTLUSTE: DURBANSE STRANDE GESLUIT NADAT PAKHUIS AAN DIE BRAND GESTEEK IS
President Ramaphosa meen die aanhitsers van die geweld wou die land uitmekaar skeur en mense teen die regering draai, maar het nie Suid-Afrikaners se vermoë om te verenig in ag geneem nie.
Hy meen Suid-Afrikaners se vermoë om in moeilike tye te verenig, veral as hul dieselfde doel voor oë het, was nog altyd Suid-Afrikaners se beste eienskap.
LEES OOK: ONLUSTE: BURGEMEESTERSKANDIDAAT VAS WEENS BEWEERDE AANHITSING
In sy brief het hy onder andere verwys na inwoners van Tembisa wat deurnag waggehou het buite winkels, taxi-bestuurders wat inkopiesentrums en hulle kliënte beskerm het en gemeenskappe wat landwyd begin skoonmaak het.
Hou Afrikaans op die lug