Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

President gee toe, “dié onluste is beplan”

16 Julie 2021

President Cyril Ramaphosa lê vandag besoek af aan gebiede in KwaZulu-Natal, wat die ergste geraak is deur vandeesweek se onluste en plundery.

Hy het vanoggend by die KwaMashu-winkelsentrum in Durban aangekom, waar hy deur onder andere die minister van polisie, Bheki Cele vergesel is.

LEES OOK: ONLUSTE: TALLE WINKELS SLUIT TYDELIK HUL DEURE

President Ramaphosa het aan media gesê dat hy sal erken dat die regering vinniger moes optree, maar het gemeenskapslede bedank vir hulle hulp om oorblywende eiendom te beskerm en om dié wat geplunder is weer skoon te maak.

Hy sê die ekonomie sal swaar kry weens die onluste en meen te opsigte van moontlike beleggings is die ekonomie ook beskadig.

“Ons kon beter gedoen het, maar ons is oorweldig deur die situasie. Ons wou nie in ’n situasie beland wat in meer chaos kon ontaard nie.”

LEES OOK: APTEKERSRAAD: “90 APTEKE GISTER GEPLUNDER”

Hy sê die grootskaalse samewerking van gemeenskapslede is ‘n teken dat die opstokers se doelwit – om Suid-Afrika uitmekaar te skeur is besig om “te misluk.”

Volgens die president is die polisie om die mense se spoor wat dié onluste “beplan en gekoördineer het.”

LEES OOK: NVG SÊ “PLUNDERAARS” SE SAKE SAL VOORKEUR GENIET

https://twitter.com/PresidencyZA/status/1415714774478954498
https://twitter.com/PresidencyZA/status/1415711492121448452

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater

VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

Ander Nuus Artikels

ENOCH
Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging
pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende