29 Oktober 2021
President Cyril Ramaphosa sê hy beskou tale soos Afrikaans, Nama en Khoi en San as belangrike tale wat in Suid Afrika ontstaan het.
President Ramaphosa is gister tydens ‘n saamtrek aan die Oos-Rand gevra of hy saamstem met die definisie van inheemse tale in die taalbeleidsraamwerk vir openbare hoëronderwysinstellings.
Die president sê daar is steeds besprekings rakende die kwessie, maar sê mense wat Afrikaans, Nama, Khoi en San praat moet gerus wees dat die gesprekke tot ‘n goeie gevolgtrekking sal lei. Volgens hom weet hy dat mense, wat dié tale praat baie gespanne oor die situasie is.
Volgens president Ramaphosa sal die gevolgtrekking die land herenig, en nie verdeel nie. Hy sê hy beskou taal, net soos kultuur en tradisie as ‘n uiterse belangrike deel van nasiebou.
Stem vir die Aitsa’s