Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Presidensie begin met onafhanklike ondersoek na bewerings van wapens aan Rusland

11 Mei 2023

Die presidensie het bevestig dat ‘n onafhanklike ondersoek gedoen sal word na die bewerings dat Suid-Afrika ammunisie en wapens aan Rusland verskaf het.

Dié ondersoek sal na verwagting deur ‘n afgetrede regter gelei word.

Luidens ‘n verklaring deur die presidensie neem hulle met kommer kennis van die bewerings wat die Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika, Reuben Brigety, gemaak het.

Volgens die presidensie ondermyn dié bewerings van Brigety die gees van samewerking en vennootskap tussen Suid-Afrika en Amerika.

Dít omdat ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging en Amerikaanse amptenare reeds die aangeleentheid bespreek het en onderneem het om ‘n ondersoek daarna tyd te gee om afgehandel te word.

Intussen sê die betuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann dat die bewerings baie ernstig van aard is.

Hy meen die feit dat die regering dit ondersoek en nie ontken nie is uiters kommerwekkend. Volgens Hermann kan die gebeure ernstige werksverliese tot gevolg hê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Repliek

Van Wiskunde tot werk

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

CYRIL IVOOR

“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Ander Nuus Artikels

Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op
Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap
Screenshot 2025-05-13 091435
49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom
Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende