Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Pres. Cyril Ramaphosa trots op aantal jong mense, wat opdaag vir inenting

23 Augustus 2021

President Cyril Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief dat hy beïndruk is met die groot aantal mense tussen 18- en 34 jaar oud, wat reeds sedert Vrydag opgedaag het om teen Covid-19 ingeënt te word.

Hy sê ongeveer ‘n halfmiljoen 18-plussers het Vrydag – die eerste dag van die inenting vir dié groep – by inentingslokale opgedaag.

Hy het die inentinsproses vergelyk met hoe mense in lang rye gestaan het om in die eerste demokratiese verkiesing in 1994 te stem.

Volgens die president gee die jong mense die land hoop dat die Covid-19-pandemie vinnig iets van die verlede kan wees as almal opdaag vir hulle inenting. “Ek is beïndruk met die jong mense se entoesiasme en geesdrif. Ek was ook veral beïndruk met hul kennis van die entstof, die beskerming wat dit bied en hoekom dit noodsaaklik is,” sê hy.

Hy sê dit is nou die jeug se beurt om op te staan en om ‘n standpunt in te neem teen Covid-19 en die belangrikheid van die entstof.


Meer as 10-miljoen mense het reeds inentings ontvang, waarvan byna 5-miljoen mense ten volle ingeënt is.



 


Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job

Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe

Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.

Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op

Screenshot 2025-05-13 105216

68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Screenshot 2025-05-13 091435

49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom

Repliek

Van Wiskunde tot werk

Ander Nuus Artikels

panyaza-lesufi5
Lesufi vra om verskoning aan kankerpasiënte vir vertragings in behandeling
cyril17
Ramaphosa: “Suid-Afrikaners wat na Amerika vlug is lafaards”
The,Increase,In,Unemployment.,News,In,The,Newspaper,On,The
“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”
Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job
Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe
Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende