27 September 2021
President Cyril Ramaphosa sê hy is teleugesteld in die talle onetiese staatsbeamptes en die onthulling dat hulle na bewering onwettige maatskaplike toelaes ontvang.
Hy skryf in sy weeklikse nuusbrief dat die regering nog ‘n ver pad het om te stap as hulle ‘n kultuur van etiese gedrag in die staatsdiens wil vestig.
Volgens die president het ongeveer 17 000 werknemers in die nasionale en provinsiale regering aansoeke ingedien vir maatskaplike toelae en meen hulle kwalifiseer nié daarvoor nie omdat hulle reeds ‘n salaris van die regering ontvang.
Hy meen werknemers in die staatsdiens behoort veral te weet van die ekonomiese situasie in die land en dat talle behoeftige mense dié toelae nodig het. Volgens hom gaan die regering sy pogings opskerp om toe te sien dat hierdie tipe onetiese gedrag nié weer plaasind nie.
President Ramaphosa sê die regering se nuwe eenheid vir openbare etiek, integriteit en dissiplinêre tegniese bystand het reeds amptenare geïdentifiseer wat moontlik hulself aan die eise skuldig gemaak het.
Stem vir die Aitsa’s