Top 20 met Pieter Koen

Saterdae
16:00-17:00

Luister nou

Volgende

Predikant skryf in brief: “ANC gee nie om vir die land en sy mense nie”

Nuuskommentaar: 9 Junie 2023

Deur: Willie Spies

Die afgelope paar dae het ek herhaaldelik ‘n skermskoot van ‘n lesersbrief uit Beeld van 31 Mei, uit verskillende oorde op WhatsApp ontvang.

‘n Lesersbrief in ‘n koerant trouens lanklaas soveel aandag op sosiale media gekry.

Die brief is geskryf deur Dr Dawie Botes, ‘n predikant van die NG Kerk Welkom-Wes.

Dr Botes verklaar kortliks dat hy as profeet nie meer kan swyg oor die feit dat hy bid vir ‘n nuwe regering na die 2024 verkiesing nie.

Hy noem dat die ANC die land bankrot steel. Dat President Ramaphosa niks omgee vir die mense van die land nie. Dat mense sterf in ongelukke wat veroorsaak is deur die slaggate op paaie en ander weer sterf weens cholera.

Hy skryf in sy brief dat hy bid vir ‘n tyd waarin die ANC se simbole verbied sal word omdat dit die simbool geraak het van dood, korrupsie, geweld, pyn en hartseer en dat hy hoop dat die regeertyd van die ANC ook nog eendag as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar sal word.

Dr Botes is natuurlik heeltemal reg dat die dood van tientalle mense die afgelope drie weke aan cholera regstreeks veroorsaak is deur die roekelose wyse waarop ons land se watersuiweringstelsels gelaat is om tot niet te gaan.

By Rooiwal buite Pretoria het ‘n plaaslike gemeenskapsaktivis, Mnr Theunis Vogel en AfriForum reeds in November 2016 ‘n hofbevel verkry teen die Tshwane metroraad om die rioolaanleg in orde te kry.

Ironies genoeg was die metroraad op daardie stadium reeds onder beheer van die veelparty-opposisiekoalisie, maar onbesonne aanstellings van senior bestuursposte in die raad deur die koalisieregering, asook die nalatenskap van twintig jaar se kaderontplooiing deur die ANC het daartoe gelei dat ANC en EFF kornuite steeds die administrasie en tenderprosesse van die stad beheer het, al was die burgemeestersketting om die nek van die DA se Solly Msimanga.

Die gevolg was dat ‘n tender van byna R300 miljoen in 2019 aan die omstrede Edwin Sodi toegeken is. Van die R300 miljoen het niks by die opgradering van die rioolstelsel gekom nie, maar Sodi het na bewering nuwe eiendomme aangeskaf en ANC amptenare se salarisse betaal.

Vandag nog betaal ons die prys van hierdie en vele ander soortgelyke verhale.

Dr Botes is natuurlik nie die eerste predikant wat te kenne gee dat dit tyd raak om te bid vir die verwydering van die ANC regering nie.

12 jaar gelede reeds, in Oktober 2011 het wyle Aartsbiskop Desmond Tutu in die openbaar te kenne gegee dat die ANC regering erger en slegter as die apartheidsregering was en dat die dag sal aanbreek dat “ons sal bid vir die val van die ANC regering soos ons gebid het vir die val van die apartheidsregering”.

Beide aartsbiskop Tutu en Dr Botes is reg, maar daar is ‘n kinkel en dis ‘n vraag op baie mense se lippe. Sal ‘n blote verandering van regering ‘n einde bring aan die ellende wat veroorsaak is deur byna 30 jaar van wanbestuur, korrupsie en onbeholpenheid?

Die Rooiwal-ervaring in Tshwane wys dat meer as ‘n regeringsverandering nodig is. Ons het in 30 jaar ‘n sisteem ontwikkel wat so diep korrup is en waarin korrupte amptenare so diep ingegrawe is dat selfs ‘n nuwe president en nuwe ministers nie die verskil gaan maak nie. Terwyl ons bid moet ons bid vir ‘n totaal nuwe bedeling. ‘n Totaal nuwe herskikking van die land en ons staatkundige stelsel. Gemeenskappe moet weer beheer oor hulle gemeenskappe neem en hulle eie lot begin bepaal.         

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Top 20 met Pieter Koen

Saterdae
16:00-17:00

Luister nou

Volgende