Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Prasa soek steeds sy “spoke”

2 Desember 2022

Die staatsbeheerde passasierspoormaatskappy, Prasa is steeds besig met sy soektog na spookwerkers nadat duisende onidentifiseerbare werkers op sy betaalstaat uitgeken is.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het vandeesweek in antwoord op ‘n geskrewe parlementêre vraag gesê dat ‘n ondersoek na die vermeende spookwerkers 2143 werknemers as verdag gemerk het – met inbegrip van 1480 wat nie fisies geverifieer kon word nie.

Dit het ook aan die lig gekom dat meer as 1100 werkers aan die begin van die ondersoek bedank het.

Tydens dié ondersoek is verdagte werkers se salarisse bevries in ‘n poging om die werkers te dwing om die nodige dokumentasie voor te lê.

Die ondersoek word uitgevoer met die ondersteuning van Binnelandse Sake, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Umalusi en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, SAKO.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Office-Johannesburg

“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Ander Nuus Artikels

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking
GquJsHhXAAAiYuq
AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”
Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende