18 Maart 2024
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het gewaarsku dat swendelaars toenemend besig is om verbruikers se persoonlike inligting te probeer bekom deur middel van sogenaamde “Phishing”-tegnieke gebruik te maak.
Volgens die poskantoor word hy toenemend daarvan bewus gemaak dat teksboodskappe en e-pos aan mense gestuur word waarin hulle gevra word om persoonlike besonderhede te verskaf sodat pakkies of posstukke afgelewer kan word.
Die bedrieërs heg glo ‘n skakel aan wat gebruikers na ‘n vervalste webwerf neem waar persoonlike inligting en bankbesonderhede ingevul kan word om glo te verseker dat ‘n pakkie afgelewer word.
Die poskantoor vra dat mense nie hul bankbesonderhede aan enigiemand moet verskaf nie.