13 Februarie 2023
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) is glo van plan om 6 000 werknemers af te lê.
Die Kommunikasie Werkersvakbond (CWU) sê die Poskantoor het verlede week met hulle vergader, om beoogde salarisverminderings en korter werksure te bespreek.
Vakbonde is toe in kennis gestel dat daar met ‘n artikel 180 proses begin gaan word, wat die aflegging van werkers behels. Die vakbond, Cosatu het toe reeds kritiek gelewer en meen die poskantoor moet ander maniere vind om geld te spaar en winste te verhoog.
Volgens SAPO se woordvoerder, Johan Kruger is daar egter nog met geen formele afleggingsproses begin nie, en word daar nog gesprekke gevoer.