22 September 2022
Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê ‘n ondersoek het bevind dat ‘n bestuurdersfout die oorsaak was van die gru-ongeluk wat Vrydag op die N2 naby Pongola in KwaZulu-Natal plaasgevind het.

18 leerlinge, een onderwyser en die bestuurder van die bakkie waarin hulle gereis het, het tydens die ongeluk omgekom.
Mbalula het vandag tydens ‘n inligtingsessie, op die plek waar die ongeluk plaasgevind het, gepraat en het die verslag van die ongeluk aan die naasbestaandes bekend gemaak.
LEES OOK: KYK: VRAGMOTORBESTUURDER IN HOF NÁ GRU-ONGELUK
Hy sê die verslag het bevind dat die 28-jarige vragmotorbestuurder, Sibusiso Siyaya, verskeie voertuie verbygesteek het voordat hy in die bakkie vasgery het wat die leerlinge vervoer het.
TimesLive berig dat Siyaya vir ongeveer 1,2-kilometer in die aankomende baan bestuur het voordat hy die bakkie getref het.
Die volledige verslag is vandag aan die slagoffers se families bekend gemaak.