10 Januarie 2022
Foto’s van die leier van die EFF, Julius Malema en die voormalige hoofsweep van die ANC, Tony Yengeni – wat saam op ‘n boot ontspan en drankies geniet – maak opslae op sosiale media.
Die vakansie kom nadat Malema teen die hoof van die ANC se verkiesingskommissie, Kgalema Motlanthe, uitgevaar het omdat hý Yengeni verbied het om vir enige nasionale uitvoerende komitee-posisie by die party se onlangse nasionale konferensie mee te ding.
Malema het gesê dat dit wat Motlanthe aan Yengeni gedoen het, politieke boewery is en dat dit hoogs onaanvaarbaar is om dit aan een van die sogenaamde min oorblywende gerespekteerde ouderlinge van die samelewing te doen.
Yengeni is meer as ‘n dekade gelede daaraan skuldig bevind dat hy ‘n gunsloon ontvang het en moes tronkstraf vir dié oortreding uitdien.
Op sy beurt word Malema nog ondersoek vir sy beweerde rol in die VBS Bank-skandaal.