12 Desember 2023
Die president van POPCRU, Thulani Nsele, het die optrede van die land se polisiebeamptes verdedig, te midde van verskeie klagtes van polisiebrutaliteit.
Nsele sê dit bly moeilik vir beamptes om inwoners in ‘n demokratiese land te polisieer.
Die kwessie van polisiebrutaliteit was onlangs onder die loep, nadat ‘n video aan die lig gekom het, waarin agt BBP-beamptes verbonde aan adjunkpresident Paul Mashatile, motoriste op die N1 in Johannesburg bydam.
Nsele sê die maatreëls wat ingestel is om polisiebeamptes by te staan om gespanne en traumatiese gebeure te hanteer, is nie genoeg nie.
Volgens die misdaadsyfers vir die tydperk tussen die 1ste April en die 30ste Junie, is 31 polisiebeamptes oor ’n tydperk van drie maande vermoor.
Nsele sê daar is geen politieke wil om die vlaag van polisiemoorde te stuit nie.