Polisierekruut tydens opleidingsessie in Limpopo doodgeskiet


Luister nou

Volgende

Polisierekruut tydens opleidingsessie in Limpopo doodgeskiet

22 November 2022

‘n Polisierekruut is glo per ongeluk tydens ‘n opleidingsessie in Limpopo doodgeskiet.

Die woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), Lizzy Suping, sê die rekrute het Sondag taktiese en gevegsopleiding by die Thabazimbi Tactical Academy ondergaan toe die voorval plaasgevind het. 

Beide Opod en die polisie ondersoek tans die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het.

Daar word intussen op sosiale media beweer dat ‘n instrukteur aan rekrute wou wys hoe om ‘n vuurwapen te hanteer toe ‘n skoot per ongeluk afgegaan het.

Maroela Media berig dat Suping egter nié hierdie bewering bevestig het nie. Sy sê die ondersoek moet eers afgehandel word voordat meer inligting oor die voorval bekend gemaak kan word.

Die Nasionale polisiekommissaris, genereaal Fannie Masemola het ook intussen ‘n dringende ondersoek na die gebeure geëis. Berading word tans voorsien aan alle betrokkenes.

https://twitter.com/SAgovnews/status/1594989201480876032

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

494176549_678769244799837_2127636851668020320_n

Twee verdagtes vasgetrek na moord op bejaarde Limpopo-boer

South Africa Scandal Explainer

Phala Phala: Saak tot September uitgestel

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf

Gq_5ZqlXwAA4loq

John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

Ander Nuus Artikels

School,Classroom,With,Blackboard
Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling
Gwede2-1
Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik
ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM
Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”
494176549_678769244799837_2127636851668020320_n
Twee verdagtes vasgetrek na moord op bejaarde Limpopo-boer
South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel

Polisierekruut tydens opleidingsessie in Limpopo doodgeskiet


Luister nou

Volgende