6 Augustus 2024
Die minister van polisie, Senzo Mchunu het bewerings, dat die land se polisielede te maklik skote afvuur, as onregverdig en feitelik verkeerd bestempel.
Dit volg na kommer oor die aantal verdagtes wat onlangs in skietgevegte met beamptes dood is – veral in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.
Mchunu het die media vandag tydens die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee-lekgotla in Boksburg toegespreek en gesê die polisiehoofde sal met diegene wat bekommerd is oor die onlangse skietvoorvalle vergader.
Hy het gewaarsku dat enigiemand wat skote op ‘n polisiebeampte afvuur, ‘n reaksie moet verwag.
Mchunu het terselfdertyd ontken dat die misdaadsyfer in Suid-Afrika buite beheer is.