Polisiebeamptes ontslaan na valse beskuldiging van k-woord-gebruik


Luister nou

Volgende

Polisiebeamptes ontslaan na valse beskuldiging van k-woord-gebruik

7 Mei 2021

Die vakbond, Solidariteit het die uitslag van ‘n interne dissiplinêre verhoor van twee lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens verwelkom nadat hulle luitenant-kolonel Annemarie Oosthuizen valslik daarvan beskuldig het dat sy hulle die k-woord toegesnou het.

Die verhoor volg nadat dié twee beamptes verlede jaar skuldig bevind is aan meineed, regsverydeling, aanranding en crimen injuria waarvoor hulle onder andere opgeskorte gevangenisstraf opgelê is.
 
Die sektorkoördineerder van die openbare sektor by Solidariteit, Renate Barnard sê hoewel hulle verheug is oor die uitspraak, hou hulle steeds die gebeure binne die SAPD rakende die adjudant-offisiere dop.

Die provinsiale kommissaris van die SAPD moet nog na afloop van die verhoor die uitspraak bekragtig wat die ontslag geldig sal maak. Dit is volgens Barnard belangrik dat hierdie proses wel gebeur.
 
Volgens Solidariteit het die SAPD vier jaar lank versuim om op te tree teen dié twee.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Polisiebeamptes ontslaan na valse beskuldiging van k-woord-gebruik


Luister nou

Volgende