6 Oktober 2021
‘n Polisiebeampte is doodgeskiet tydens ‘n gewapende rooftog by ‘n poskantoor in Illovo.
Volgens die polisiewoordvoerder, kolonel Athlenda Mathe het vyf verdagtes gistermiddag die poskantoor binnegestorm terwyl werkers besig was om pensioenarisse se geld uit te betaal.
Mathe sê die polisiebeampte wou tussenbeide tree toe hy geskiet is. Hy is op die toneel dood verklaar. Die verdagtes het ook werknemers van die poskantoor met wapens gedreig om geld aan hul te oorhandig. Hulle het van die toneel gevlug met ‘n onbekende bedrag geld.
Volgens Mathe het die vyf verdagtes in twee voertuie gevlug met ‘n onbekende bedrag geld. Twee verdagtes is reeds in hegtenis geneem terwyl nog drie gesoek word.
Stem vir die Aitsa’s