24 Mei 2021
Polisiebeamptes verbonde aan die Silverton-polisiestasie in Pretoria was omstreeks 1 uur vanoggend besig om vir staalpenne op Solomon Mahlangu-rylaan te soek toe hulle op ‘n ongemerkte voertuig in die middel van die N4 en die Solomon Mahlangu-afrit afgekom het.
‘n Voertuig van die Tshwane-metropolisie was ook op die toneel. Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Mathapelo Peters het die beamptes ondersoek ingestel en op die liggaam van ‘n polisiebeampte afgekom.
LEES OOK: MOTORISTE OPNUUT GEWAARSKU OOR SKERP VOORWERPE IN PAAIE
Dié beampte en sy kollega is deur verdagtes geskiet toe hulle ook besig met patrolliediens was. Beide beamptes was verbonde aan die Boschkop-polisiestasie.
Hulle het naby die R104 op ‘n verdagte Volkswagen Polo afgekom waarna minstens twee verdagtes op hulle losgebrand het. Een beampte is doodgeskiet, terwyl die ander een beseer is.
Die verdagtes het van die toneel gevlug.
Dié paaie is geïdentifiseer as een van die brandpunte, waar staalpenne en ander skerp voorwerpe in die pad gegooi word in ‘n poging om motoriste te dwing om stil te hou.
Honderde voorvalle is die afgelope maand aangemeld.
Pretoria – Solomon Mahlangu Drive: #CrimeScene ROAD CLOSED on the Mamelodi side of the N4 Highway
— TrafficSA (@TrafficSA) May 24, 2021