Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Polisie waarsku oor “Facebook Marketplace”

9 April 2024

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ‘n waarskuwing uitgereik oor verdagtes wat Facebook se koop-en-verkoop-platform, Market Place gebruik om mense te beroof, of leed aan te doen. 

Dit kom nadat twee broers die afgelope naweek vermoor is toe hulle glo na iemand uitgereik het wat ‘n advertensie op Market Place geplaas het.

Volgens die polisiewoordvoerder, kolonel Priscilla Naidu is die twee mans na ‘n adres wat op die advertensie aangedui is, maar het gou besef dat die inwoners by dié adres nie kennis dra van ‘n advertensie nie. Die broers is egter buite die huis deur twee gewapende verdagtes oorrompel en van ondermeer hulle voertuig, en selfone beroof. 

Naidu het ‘n beroep op mense gedoen om ekstra waaksaam te wees indien hulle gebruik maak van sosiale media om aankope te doen. Sy sê mense moet seker maak van die verkopers se identiteit en enige transaksies moet in die openbaar geskied. 

Facebook het ook vroeër ‘n waarskuwing uitgereik dat slenters deur middel van Facebook Marketplace in Suid-Afrika aan die toeneem is. Volgens Business Tech is daar sedert verlede jaar talle sake aangemeld waarby mense kla dat hulle met dié platform gelok is, en dan beroof is.

Dit is volgens die berig veral produkte soos voertuie, TV’s, sonpanele en selfs klaviere wat mense lok. Volgens die berig word voertuie teen “aantreklike pryse” aangebied en is baie dikwels te goed om waar te wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Indoors,Chicken,Farm,,Chicken,Feeding

350 000 uitgehongerde hoenders in minder as ‘n week van kant gemaak

weskoppies

Burgemeester sê kragtoevoer na Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word

eikenhof

AfriForum Jeug bring PAIA-aansoek oor NWU se ondersoek ná beweerde “sangoma-ritueel”

ramaphosa-signs-NHI-Bill-into-law-NEW-CCV-XXX

Ramaphosa se ondertekening van NGV mag ingevolge hofbeslissing hersien word

Untitled design (1)

Boksburg-man dood na kroeg-aanranding

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
SA se enigste rybewys-drukker dalk binnekort herstel
GqNVwjBWcAANx_z
“Ons sal transformasie in hul kele afdwing,” sê minister
GqVSQ0XXsAEMZ2w
Spanning tussen Indië en Pakistan loop hoog
Indoors,Chicken,Farm,,Chicken,Feeding
350 000 uitgehongerde hoenders in minder as ‘n week van kant gemaak
weskoppies
Burgemeester sê kragtoevoer na Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende