2 Junie 2021
Die polisie sê hy ondersoek ‘n voorval waarin beamptes van die Atteridgeville-polisiestasie na bewering nié ‘n vrou wou help om ‘n klag van beweerde geslagsgebaseerde geweld aanhangig te maak nie.
Die vrou, Lethabo Mabena het ‘n video op haar Facebook-blad geplaas waarin gesien kan word hoe die polisiebeampte glo sê dat sy nié die polisie se diens nodig het nie.
LEES OOK: 136 ROOFTOGTE BY 29 GAUTENGSE POLISIESTASIE IN 5 JAAR AANGEMELD
Hy het haar ook glo daarvan beskuldig dat sy onder die invloed van drank is.
Mabena sê sy is Saterdagaand na die polisiestasie nadat ‘n veiligheidswag van ‘n nagklub haar na bewering geteister het.
Die polisiewoordvoerder, kaptein Kay Makhubele sê die polisie is bewus van die video en dat die provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, luitenant-generaal Elias Mawela opdrag gegee het dat dié saak geprioritiseer moet word.
LEES OOK: VROU DIEN KLAG IN NADAT SY GLO DEUR POLISIEBEAMPTES “AANGERAND” IS