26 Julie 2024
Drie verdagtes – wat glo deel was van ʼn groep rowers wat ʼn kitsbank beroof het – is vanoggend in Empangeni deur die polisie doodgeskiet.
Die bende was ook vermoedelik betrokke by minstens tien moorde wat in KwaZulu-Natal gepleeg is.
Dit kom nadat die drie se een makker gisteroggend doodgeskiet is nadat hulle ‘n kitsbank by ʼn winkel in Esikhaleni met springstof oopgeskiet het.
Volgens kol. Robert Netshiunda het die verdagtes op die polisie losgebrand nadat hulle inligting oor die bende opgevolg het.
Dié skietvoorval kom nadat die polisie in dié provinsie Dinsdag drie verdagtes doodgeskiet het wat gesoek is vir die moord op ‘n polisiesersant in Junie verlede jaar.