Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende

Polisie se spesiale taakmag 11 beamptes ryker

13 Januarie 2023

Elf nuwe hoogs gespesialiseerde beamptes is toegelaat in die polisie se Spesiale Taakmag.

Dié beamptes se vlerke is deur die polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, toegeken nadat hulle opleiding van twee jaar voltooi het. 

Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, het hulle 906 aansoeke ontvang om by dié Spesiale Taakmag aan te sluit. 

Slegs 589 aansoekers het vir voorlopige keuring gekwalifiseer en dié getal is later verminder tot 93 aansoekers. Slegs 11 uit dié 93 aansoekers het die Spesiale Taakmag se basiese opleidingsprogram suksesvol voltooi.

Een van die elf beamptes is ‘n 31-jarige vrou. Die Spesiale Taakmag is ‘n spesiale eenheid wie se beamptes verantwoordelik is vir hoë risiko voorvalle, soos gyselaarsgevalle.

Om te kwalifiseer moes beamptes ses maande voltooi in die polisiekollege en moet hul ten minste twee jaar se werkservaring hê. Die kandidate kan ook nie ouer wees as 32 nie. As deel van fiksheidstoetse moet hulle 3,2 kilometer kan hardloop in stewels, langbroeke en met ‘n geweer binne 18 minute.

Hulle moet ook sestig opsitte in twee minute kan doen en 10 keer 25 meter naellope in 65 sekondes voltooi.

https://twitter.com/LirandzuThemba/status/1613531536069885952

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende