Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Polisie se lugvleuel gereed om in te gryp by Nkandla, indien nodig

7 Julie 2021

Alle oë is steeds op Nkandla om te sien of oud-president Jacob Zuma voor die spertyd van die Grondwethof se bevel in hegtenis geneem sal word.

Die minister van polisie, Bheki Cele en die nasionale polisiekommissaris, Khehla Sitole het vroeër vandag gesê dat hulle vir direktiewe van die Grondwethof wag voordat hulle optree. Cele is luidens berigte tans by Nkandla.

Intussen sê bronne binne die polisie met kennis van die saak, dat die polisie se lugvleuel in KwaZulu-Natal op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas is om bystand op Nkandla te verleen – indien dit sou nodig wees.

Foto: Dispatch Live.

Minstens een helikoper staan gereed op die sportveld van die Hoërskool Empangeni – sowat 130 kilometer van Zuma se woning af.

Die helikopter – tesame met ‘n aantal ondersteuningsvoertuie – is reeds van Maandag af daarheen verplaas nadat skares van Zuma se ondersteuners oor die naweek hulle steun aan die voormalige president getoon het.

Verskeie polisie-eenhede, onder andere openbare-orde-eenhede van Empangeni en Durban is ook in die omgewing van KwaNxamalala opgemerk.

‘n Kort ruk gelede het lede van die Umkhonto we Sizwe- militêreveteranevereniging (MKMVA) ook ‘n polisievoertuig verhoed om Nkandla binne te gaan.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Repliek

Van Wiskunde tot werk

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

CYRIL IVOOR

“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Ander Nuus Artikels

Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op
Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap
Screenshot 2025-05-13 091435
49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom
Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende