19 Augustus 2021
Die polisie is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag in Mpumalanga met inwoners wat in die Middelburg en Mhluzi-gebiede betoog.
Luidens inskrywings op sosiale media is ‘n bus en bande reeds gisteraand deur betogers aan die brand gesteek.
Die polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdluli sê verskeie paaie in en rondom dié dorpe is deur betogers versper. Hy sê tans is die N11 gesluit.
Volgens berigte is verskeie motors ook met klippe bestook. Mdluli sê motoriste word aangemoedig om dié omgewing te vermy indien moontlik. Ses mense is ook reeds in verband met die oproerigheid in hegtenis geneem en sal binnekort in die Middelburg-landdroshof verskyn.
Volgens die Middelburg Observer betoog inwoners glo weens verhoogde munisipale tariewe.
Hou Afrikaans op die lug