2 Junie 2021
Die Suid Afrikaanse Polisiediens ontken dat hy R1,6 miljard in ses maande vermors het vir die aankoop van persoonlike beskermende toerusting.
Dit volg na ‘n voorlopige oudit verslag van die polisie uitgelek het, wat aandui dat die polisie diensverskaffers aangestel het wie se belastingsake nie in orde is nie, en dat hulle te veel vir die dienste en produkte betaal het.
In een geval het die polisie glo meer as R 3000 vir 5 liter se handreiniger betaal.
Die polisiewoordvoerder, brigadier Vish Naidoo sê die polisie het goedkeuring gekry om van normale tenderprosedures af te wyk, en dat persoonlike beskermde toerusting baie duurder was aan die begin van die pandemie.