6 September 2021
Die polisie in Johannesburg ondersoek verskeie klagtes ná die begrafnis van die voormalige president van die Umkhonto we Sizwe Militêre Veteranevereniging, Kebby Maphatsoe.
Klagtes van oortredings van die vuurwapenwet is aanhangig gemaak nadat begrafnisgangers glo skote in die lug geskiet het.
Die polisie ondersoek ook die moontlike oortreding van die rampregulasies deur die organiseerders van die geleentheid, en is besig om vas te stel hoeveel mense die begrafnis bygewoon het.
‘n Klag van opsetlike saakbeskadiging word ook ondersoek nadat vensters van wonings naby die Wespark Begraafplaas beskadig is – nadat dit vermoedelik deur dwaalkoeëls getref is.
Die polisiewoordvoerder, brigadier Vish Naidoo het aan TimesLive gesê daar kan moontlik nóg klagtes bygevoeg word namate die ondersoek vorder.
Stem vir die Aitsa’s