Daar was glo ‘n aanslag op adjunkpresident Paul Mashatile se lewe.
Mashatile het gister aan joernaliste in Greytown in KwaZulu-Natal gesê dat hy aanvanklik gedink het dat sy voertuig met klippe bestook is, maar het later uitgevind dat daar op die voertuig geskiet is.
Volgens Mashatile was hy op pad huis toe vanaf ’n vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee toe sy konvooi enkele dae gelede in Boksburg naby die N12 onder skoot gekom het.
Sy persoonlike beskermingspan het die voertuig vir inspeksie geneem, omdat hulle van mening was dat ‘n koeëlvaste windskerm te sterk is vir klippe om dit te beskadig.
‘n Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel wie vir die aanval verantwoordelik is.
Die voorval is glo nie vroeër openbaar gemaak nie, omdat ondersoekers besig was om vas te stel watter soort vuurwapen gebruik is.
One Response
Dit is Afriforum wat die water pistole aan die Polisie Minister oorhandig het wat die Adjunk President ge -“Jinx” het 🙂