8 September 2021
Altesaam 12 700 kiste onwettige drank met ‘n straatwaarde van nagenoeg R15-miljoenis by ‘n pakhuis in Mpumalanga gekonfiskeer.
Die gesamentlike operasie deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die polisie volg op ‘n jaar-lange ondersoek deur die SAID – nadat hulle die spoor van aksyns-vrye drank nagevolg het.
Beslag is ook op toerusting gelê wat gebruik word om die verpakking van die drank te verander dat dit lyk asof die drank wel belas is.
Die oorspronklike verpakking van die produkte het daarop gedui dat die drank nie belas is nie en vir die uitvoermark beskerm is.
Die kommissaris van die SAID, Edward Kieswetter, sê smokkelaars van onwettige drank benadeel die plaaslike bedryf in ‘n tyd wat Covid-19-beperkings ‘n duidelike en beduidende belemmering vir die bedryf was.
Stem vir die Aitsa’s